Pad saam na vir altyd
Ons Storie
Twee harte, een storie
Iets wat bly.
Ons het mekaar ontmoet toe die lewe nog eenvoudig gevoel het – tussen boeke, klasse en drome wat nog vorm moes kry. Dit was een van daai aande wat mens nie kan beplan nie. Toe ons oë mekaar die eerste keer vind, het iets stil en diep gebeur… iets wat nie woorde nodig gehad het nie. In daardie oomblik het ons albei geweet: hier is iets anders. Iets wat bly.
In September 2019 het hy my gevra om sy meisie te wees. Dit was eenvoudig, maar opreg en uit sy hart uit. Nie met groot vertoon nie, maar met ’n opregtheid wat reguit uit sy hart gekom het. Ek het ja gesê – nie net vir hom nie, maar vir alles wat ons saam sou bou, al het ons nog nie geweet hoe die pad sou lyk nie.
Maar die lewe het ons getoets.
Die toets.
Ons het ’n pad van afstand geloop – sewe lang jare waarin tyd en omstandighede ons van mekaar geskei het. Daar was stiltes wat swaar gehang het, verlange wat nooit heeltemal weggaan het nie.
Tog, iewers diep binne-in, het daai eerste aand se waarheid nooit verdwyn nie. Dit het gebly – soos ‘n sagte fluistering van hoop.
En dalk was dit nie net ons liefde wat ons aanmekaar vasgehou het nie… maar ook iets groter.
God skryf stories.
God skryf stories wat ons nie altyd verstaan nie. In die wagtyd, in die afstand, in die onsekerheid — was Jesus daar. Hy het ons harte beskerm, ons paaie gevorm en ons geleer van geduld, geloof en ware liefde. Want liefde wat deur Hom geanker is, breek nie maklik nie.
Na jare van lang afstande het ons grootste wense waar geword, wense waar ons mekaar elke dag kon sien en elke dag kon vashou.
Want liefde wat deur Hom ge-anker is, breuk nie maklik nie.
En dalk was dit nog altyd die plan — dat ons storie nie net oor ons twee gaan nie, maar oor hoe God se hand deur alles beweeg het. Dat Hy ons geleer het dat liefde nie net ’n gevoel is nie, maar ’n keuse… ’n belofte… en ’n geloof.
Ons het mekaar gekies toe dit maklik was.
En weer gekies toe dit moeilik was.
Feesvierings
Twee dae van vreugde
Vrydag
30 Oktober · Bring-en-Braai
Begin die vieringe saam met ons op ’n ontspanne en gesellige noot.
Kom kuier, lag en geniet die aand voor die groot dag met ’n heerlike bring-en-braai onder vriende en familie.
Bring asseblief jou eie drank en vleis, ons sorg vir die atmosfeer.
Saterdag
31 Oktober · Die Groot Dag
Die groot dag het aangebreek, en ons kan nie wag om dit saam met jou te vier nie. Neem asseblief kennis dat daar geen kontantkroeg sal wees nie, bring dus jou eie drank saam.
Glase sal beskikbaar wees, en ’n sakkie ys per persoon sal opreg waardeer word om alles lekker koel te hou.
Ons beveel aan dat jy jou aankope vir die naweek in omliggende dorpe gedoen word, om te verseker dat jou voorkeure beskikbaar is. (Vir enige voorstelle, kontak die bruidegom.)
Trou Skedule
Die dag se program
Kleredrag
Wat om te dra
Semi-formeel tot formeel · Stylvol en elegant
· Sagte, dromerige pastelkleure (sien onderstaande inspirasie).
· Geen denim of wit asseblief.
· Pastelgroen en blou word verkieslik vermy, maar indien gedra, maak asseblief seker dit word met ander pastelkleure gemeng
Geskenkwenk
Geskenke & Wense
Jou teenwoordigheid by ons groot dag beteken vir ons meer as enigiets anders – dit is werklik die grootste geskenk.
Indien jy ons egter wil bederf, sal ’n geldjie in die sak of a voucher in die sak meer waardeer word as ’n geskenkie op die rak






Troulokale
’n Plek vir liefde
· Casa Da Baleia
· Kus Weg, Gouritz, 6696, Garden Route, Wes-Kaap
Casa Da Baleia rus op die kus van Gouritz, waar die see en die wind die perfekte agtergrond skep vir ‘n dag wat ons vir altyd sal onthou.
Verblyf
Oornag in Gemak
Maak ’n naweek daarvan en bly saam met ons in gerieflike verblyf.
Verblyf is R500 per persoon, per nag en is beskikbaar vir beide die Vrydag- en Saterdagaand.
Sondagoggend-ontbyt sal beskikbaar wees teen R120 per persoon. Indien jy wil saam eet, versoek ons dat jy asseblief jou bespreking en betaling saam met jou verblyfreëlings bevestig word.
Besprekings word bevestig sodra betaling ontvang is.
Bankbesonderhede
Naam: S Hickley
Bank: ABSA – Spaarrekening
Rek nr: 9368111877
Indien jy akkommodasie benodig vir addisionele dae voor of na die troue, kontak asseblief een van bogenoemde persone vir verdere inligting. Sondagoggend-ontbyt sal beskikbaar wees. Indien jy wil saam eet, versoek ons dat jy asseblief jou bespreking en betaling saam met jou verblyfreëlings bevestig word.
Stuur bewys aan
Na betaling, stuur asseblief jou akkommodasie-inligting saam met jou bewys van betaling na een van die volgende:
Sharlene: 084 333 3812
Surene: 082 052 5133
RSVP